Piesangbrood

Hits: 566

Ek het letterlike 25 resepte probeer en nie een was goed genoeg vir my man nie en toe!! Kry ek die resep en dis n wenner!!

Ingredients

1/2 Koppie Botter
1 1/2 Koppie suiker
3 eiers
2 koppies meel
1/2 tel sout
1/2 tel bakpoeier
3/4 tel koeksoda
4 Piesangs fyngedruk
3/4 koppie melk
1 tel vanilla geursel

Instructions

Verhit die oond 180c
Room die botter en suiker baie goed.
Klits die eiers een vir een by met die melk.
Sif die meel ,sout , en bakpoeier asook die koeksoda by die eier mengsel.
Voeg die piesangs en vanilla by.
Bak vir 1 uur.

2017-08-16T16:40:26+02:00 0 Comments

Leave A Comment