Nostalgiese Melktert

Ek het my eerste kos kursus gedoen toe ek 14 was by Tannie Marcelle Botha in Bloemfontein haar kookskool se naam is Demo-den. Hierdie resep kom van haar af! Dit is n uithaler melktert resep, en my Ma mag maar die melktert bak. Hoop julle geniet die resep!

Vir die Engelse weergawe van hierdie resep klik asseblief hier.

Ingredients

125 g botter
Geel van een eier ( behou die wit)
1 groot koppie meelblom
1 hoogvol teelepel bakpoeier
1/2 koppie melk
knippie sout
4 koppies melk
1 koppie suiker
1 eetlepel botter
Geel van 4 eiers ( voeg eierwit by 1 eierwit van kors)
2 hoogvol eetlepels meel
2 hoogvol eetlepels mielieblom
1 koppie melk
Knippie sout
5 ml vanilla

Nostalgiese Melktert - ElmarieBerry.com

 

Instructions

Maak die botter sag en voeg die geel van die eier daarby.
Meng dit goed en voeg dan die meel, bakpoeier en sout by.
Meng tot n krummelrige tekstuur.
Voeg die melk by en meng tot n sagte deeg.
Smeer die sagte deeg met n lepel in twee tertborde om egalige kors te vorm.
Kook die 4 koppies melk,suiker en botter saam in n groot kastrol of in die mikrogolf.
Meng die eiers, meel, mielieblom, melk en sout saam en voeg by gekookte melk en kook verder roer gedurig tot n lekker dik vla vorm, voeg die vanilla by en meng goed.
Klits die eierwitte tot styf en vou in by die vla mengsel.
Gooi in die kors, strooi die kaneel oor en bak vir 25 minute op 180c

Notes

Photographer: Lindy Kriek

 

 

2018-11-08T19:02:53+00:00 9 Comments

9 Comments

  1. Audrey May 1, 2018 at 2:45 pm - Reply

    I baked this yesterday and boy are we impressed – super yummy and not overly sweet – and such an easy recipe to follow. Thanks Elmarie

    • Elmarie Berry May 7, 2018 at 4:39 pm - Reply

      Wow Audrey you spoil me with your reply’s today. I am so glad you like the milk tart it is one of my favorite recipes.

  2. Therese May 9, 2018 at 9:29 am - Reply

    Hi Elmarie,

    Is this enough for one milk tart or two (the recipe refers to ” twee tertborde”)?

    Many thanks,

    Therese

    • Elmarie@eb
      Elmarie@eb May 9, 2018 at 8:13 pm - Reply

      Hi Therese

      This makes 2 small milk tarts like the foil tins you get or 1 big one.
      Hope this helps.

      Elmarie

  3. Ria May 11, 2018 at 10:59 pm - Reply

    Dit lyk heerlik…kan nie wag om die melktert te maak!

    • Elmarie@eb
      Elmarie@eb June 7, 2018 at 7:54 am - Reply

      Hi Ria

      Het jy toe die melktert probeer? Ek het die naweek die vulsul gemaak sonder die eierwitte by in dit in pannekoek gesit gestrooi met kaneel. Dit was n wenner hier in die huis.
      Hoop jy het n lekker dag.
      Elmarie

  4. Selma July 22, 2018 at 9:32 am - Reply

    Lyk heerlik. Moet die resep probeer! Baie dankie!

  5. Seema September 17, 2018 at 2:01 pm - Reply

    Please can I get this recipe in English

  6. Mary Barrett October 29, 2018 at 5:17 pm - Reply

    Is there an English translation for this recipe. It looks great!

Leave A Comment