Gebakte Souskluitjies

Gebakte Souskluitjies

Recipe by ElmarieCourse: sweet
Servings

6

Veral in die wintermaande mis ek my ma se pannekoek en gebakte nagereg. Hierdie resep is een van ons familiegunstelinge, haar flop-vrye souskluitjies. Hierdie resep kom uit my kookboek Kosbaar. Vir meer resepte kry jou getekende kopie hier!

Fotografie Lindy Kriek

Ingredients

  • Kaneelstroop
  • 1½ koppie bruinsuiker

  • 1,5 liter water

  • 50 g botter

  • 1 teelepel fyn kaneel

  • 1 teelepel sout

  • Kluitjiebeslag
  • 2 koppies koekmeel

  • 4 teelepels bakpoeier

  • 1 teelepel sout

  • 1 teelepel wonderpeper (allspice)

  • 100 g sagte botter

  • 2 eiers

  • ½ koppie melk

  • kaneelsuiker na smaak

Directions

  • Verhit die oond tot 160 °C.
  • Kaneelstroop
  • Verhit die suiker en ¼ koppie van die water in ’n kastrol. Laat die suiker karamelliseer – moenie roer nie, want dit sal suikerkristalle laat vorm. Jy kan die kastrol heen en weer skud sodat dit makliker meng. Voeg die res van die water by.
  • Voeg nou die botter, kaneel en sout by en kook vir 3 minute.
  • Kluitjiebeslag
  • Voeg die meel, bakpoeier, sout, wonderpeper, botter, eiers en melk in ’n menger en meng goed. Die beslag moenie te loperig of te dik wees nie; dit moet soos wafelbeslag lyk.
  • Gooi die stroop in ’n oondbak met ’n deksel, skep nou lepels vol van die beslag in die stroop. Strooi kaneelsuiker oor en bak met die deksel op vir 40 minute.
  • Sit voor saam met vla en roomys.
Shopping Cart